Sunday, January 12, 2014

Die reis begin

Hier op die Sondagaand van die twaalfde dag van Januarie het die besef gekom dat hierdie voornemende skrywer sy skryfloopbaan in hierdie jaar  van 2014 al hoe meer moet bevorder.  Dit is dan presies wat hierdie blog gaan poog om te doen: blootstelling vir die vaardighede van Marinus J.M. Opperman.

Die plan is om hierdie blog as vertoonkas te gebruik vir ander meer spesifieke blogs.  Tans is my fokus op beleggings in veral eiendomme en aandele.  Ander blogs mag dalk oor musiek en boeke en flieks gaan.  Die toekoms sal ons wys.

Hiermee volstaan ek dus vir eers.  Deur die loop van die week sal hierdie blog met hopelik ten minste inskrywing aangroei.

Sterkte vir die week.  Tot volgende keer dan.